Sport corner

Quade Matjan verower silwer en skiet wêreldranglys binne

Charl Williams

Die 100 m-naelloper van Hoërskool Paarl Gimnasium, Quade Matjan, het die naweek van 26 tot 28 Maart geskiedenis gemaak toe hy as die tweede vinnigste atleet oor 100 m in Suid-Afrika gekroon is. In ’n naelbyt-wedloop wat vir die eerste 80 m gelyk het asof goud syne sou wees, moes Matjan uiteindelik tevrede wees met silwer nadat die wedloop gewen is deur mede-Bolander Marlon Kayster.

 

Matjan se indrukwekkende tyd van 10.40 sekondes plaas hom tans vyfde op die wêreldranglys oor 100 m – ’n merkwaardige prestasie vir ’n atleet wat eers onlangs ernstig begin oefen het. Wat sy prestasie nog meer besonders maak, is die feit dat Matjan eers in die Desember-skoolvakansie besluit het om atletiek voltyds aan te pak. Hy het hom toe aangesluit by Jacques Bothma se Believe Sport Ministries-akademie, waar sy talent vinnig begin blom het onder die leiding van afrigter Reagen Julies.

Benewens sy individuele sukses, het Matjan ook saam met sy spanmaats die o.18 4×100 m-aflos gewen. Hulle rekordtyd van 40.71 sekondes is tans die vinnigste in die wêreld. Matjan is geen vreemdeling tot medaljes nie. Reeds in 2024 het hy ’n bronsmedalje in die o.16-verspring by die kampioenskappe verower onder afrigting van Erhard Kilowan. Volgens sy huidige afrigter, Reagen Julies, was Matjan se potensiaal lank reeds duidelik. “Ek wou hom nog van kleins af afrig. Toe ek terugkeer uit Dubai en die geleentheid kry by Paarl Gimnasium, het ek geweet hy is ’n atleet wat met die regte bestuur ’n medalje kan wen,” sê Julies. Hy voeg by dat hulle strategies besluit het om verspring te laat vaar weens vorige beserings, en eerder op die 100 m en 200 m te fokus. “Hy het só goed in die 200 m gevaar dat ons dit selfs oorweeg het om hom daarin te laat deelneem,” het Julies gesê.

Matjan self bly nederig oor sy prestasies en skryf sy sukses toe aan geloof en ondersteuning. “Alles is deur God se genade,” sê hy. “Ek is ook bevoorreg om ’n afrigter soos Reagen Julies te hê, asook om by ’n skool soos Paarl Gimnasium te wees met uitstekende fasiliteite.” Hy het verder erkenning gegee aan verskeie rolspelers wat hom ondersteun, insluitend die skool se bestuur en ondersteuningsnetwerk. Ten spyte van sy atletieksukses, bly rugby steeds sy eerste liefde. “Rugby is nog my eerste keuse,” sê hy laggend, “maar wat nou gebeur laat my kop krap.” Matjan se fokus skuif nou na die Suid-Afrikaanse senior kampioenskappe 16 tot 18 April geskied, waar hy moontlik teen wêreldklas-atlete te staan sal kom. Volgens Julies gaan hulle egter nie bloot deelneem nie: “Ons gaan kompeteer.”

 

Met sy vinnige opgang en onmiskenbare talent, lyk dit asof Quade Matjan ’n naam is wat Suid-Afrika – en die wêreld – nog lank gaan onthou.

Charl Williams

Die 100 m-naelloper van Hoërskool Paarl Gimnasium, Quade Matjan, het   die naweek van 26 tot 28 Maart geskiedenis gemaak toe hy as die tweede vinnigste atleet oor 100 m in Suid-Afrika gekroon is.

Read More

 

DJ Gaston

DJ Gaston

dj GASTON ALL EVENTSBOOKINGS OPEN CONTACT: Whatsapp : 0715869008 Tiktok : @gaston.cupido Youtube Channel : @gaston.cupido Facebook:@gaston.cupido

read more
Presenter Search

Presenter Search

Volunteer Presenter SearchCalling All Passionate Individuals!  Are you a music, a news enthusiast, or simply someone who loves the sound of their own voice? If you're looking for an exciting opportunity to share your passion with the world and gain valuable experience...

read more
DJ JEANDRE

DJ JEANDRE

dj jeandre 21ST BIRTHDAYS 30TH BIRTHDAYS 40TH BIRTHDAYS ECT AVAILABLE FOR WEDDINGS ALL EVENTSBOOKINGS OPEN CONTACT: jeandreengelbrecht771@gmail.com WHATSAPP 074 958 8481

read more

Join My Newsletter

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit integer proin pulvinar libero

Drop By
1234 Divi St. #1000, San Francisco, CA 94220
Contact
(255) 352-6258
Follow Me
Copyright © 2026 Divi. All Rights Reserved.